Epupa Falls Lodge, Namibia, Travelling

Weg se 20 Gunsteling Kampplekke in Namibië

via Hier’s ons 20 gunsteling-kampplekke in Namibië

Namibië is ons gunsteling-buurland én ons gunsteling-kampland. Van die suide tot die noorde is Namibië geseënd met kampplekke waar jy sal wil afhaak, tentpenne inkap en vir dae aaneen uitspan.

Weg se joernaliste reis gereeld na Namibië en wanneer ons daar is, kamp ons sommer 80% van die tyd – en dis nie net om geld te spaar nie; dis omdat dit vir ons lekker is!

Hierdie lys van 20 gunsteling-kampplekke is gebaseer op jare se ondervinding (hoewel ons één splinternuwe plek ingesluit het) en gekies omdat ons al daar was, en dit soveel geniet het dat ons enige tyd weer soontoe sal terugkeer.

Dis bestemmingskampplekke, met ander woorde plekke waar jy vir meer as een dag kan vertoef en dit as basis kan gebruik om die omgewing vandaan te verken. Dis nie net vinnige oorslaapplekke nie (van hulle is daar óók goeies, maar hulle’s nie op ons lys nie).

Tensy ons dit spesifiek andersins vermeld, is al dié blyplekke bereikbaar met ’n 4×2 met goeie grondvryhoogte. Jy kan in der waarheid die meeste van hulle met ’n gehuurde Hyundai Atos bereik (dis gewoonlik ’n Europese toeris wat met ’n Atos die Dorsland verken, maar dit wys jou wat moontlik is!).

Ons hoop jy geniet ons lys – maar vat die pad en gaan kyk self!

 

%d bloggers like this: